JOHAN EN JASMIN KLOPPER
Hoofleraarspaar
Pastoor Johan is in Harrismith gebore en het in Witbank gematrikuleer. Daarna het hy sy teologiese studies aan die AGS Teologiese Seminarium voltooi in 1989. Daarna is hy as kapelaan deur die SADF vir sy dienspligjaar in Kaapstad geplaas. In die Kaap was hy medeleraar van AGS Rondebosch-Oos, daarna hoofleraar van AGS Kaapstad, en vir 'n kort periode medeleraar in AGS Goodwood. Hy het Jasmin in 2007 ontmoet en is in 2008 met haar getroud. Na 24 jaar in die Kaap is hulle as medeleraarspaar beroep na Christensentrum AGS Elspark. Van 2016 af is hulle die hoofleraarspaar van Christensentrum.