Ons gemeente is deel van die grootste en oudste Pinksterdenominasie in Suid Afrika, naamlik
die Apostoliese Geloofsending van Suid Afrika. Binne ons denominasionele verband is ons
deel van 'n netwerk bekend as Familia Dei. Die AGS is oor Suid Afrika versprei in gemeentes wat saamgegroepeer is in geografiese streke en netwerke.