Nuwe Lidmaat Oriëntering
'n Spesiale oggend op 'n Saterdag van 09:00-12:00 om ons nuwe lidmate te oriënteer ten opsigte van Christensentrum en 'n geleentheid om mekaar te leer ken. Die volgende dag, Sondag, het ons 'n doopdiens en stel ons nuwe lidmate voor aan die gemeente.
Onderwerpe wat behandel word:
- Johannes 3:16
- Wat is sakramente
- Die doop
- Die nagmaal
- Die doping in die Heilige Gees
- Rentmeesterskap
- Bybelstudie en Gebed
- Ons geloofsbelydenis
- Gemeentebeleid
- Wat ons aanbied
- Pastorale Versorging
- Ons leiers
- Ons bedieninge
- Griewe prosedure
- POPI Act
Verversings word deur die loop van die oggend bedien.