Lentestap - Modderfontein

Lentestap

Lentestap -Saterdag, 12 September

Ons reël 'n gemeente Lentestap vir oud en jonk, fiks en onfiks, by die pragtige Modderfontein  Reservaat vir 09:00, Saterdag, 12 September. Elke stapper het 'n keuse tussen 'n 5 km en 11 km staproete. Ons sluit die stap af met 'n heerlike piekniek waar ons saam kuier om die aanbreek van die Lente te vier. As jy net piekniek, is die koste is R50 per volwassene en R35 per kind onder 12 jaar oud. As jy stap en piekniek, is dit  R70 per volwassene en R60 per kind onder twaalf. Pak jou eie middagete piekniekmandjie en kom deel in hierdie gesins-avontuur. Bring 'n kombers en/of kampstoele saam vir lekker sit. Daar is braaiplek as jy wil braai. Saamry geleenthede is 08:00 van die kerk af beskikbaar.  Ons wil 09:00 begin stap. Vir meer besonderhede kontak Cilla Fonseca by 084 773 8809.

2 Korinthiërs 5:20

"Ons tree dan op as gesante,
ter wille van Christus, 
asof God self deur ons 
'n beroep op julle doen."
Ons Visie en Missie
copyright 2025 christensentrum alle regte voorbehou
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram