Lentestap - Modderfontein

Lentestap

Lentestap -Saterdag, 12 September

Ons reël 'n gemeente Lentestap vir oud en jonk, fiks en onfiks, by die pragtige Modderfontein  Reservaat vir 09:00, Saterdag, 12 September. Elke stapper het 'n keuse tussen 'n 5 km en 11 km staproete. Ons sluit die stap af met 'n heerlike piekniek waar ons saam kuier om die aanbreek van die Lente te vier. Koste is R50 per volwassene en R35 per kinder onder 12 jaar oud. Pak jou eie middagete piekniekmandjie en kom deel in hierdie gesins-avontuur. Saamry geleenthede van die kerk af kan gereël word. Vir meer besonderhede kontak Cilla Fonseca by 084 773 8809.

2 Korinthiërs 5:20

"Ons tree dan op as gesante,
ter wille van Christus, 
asof God self deur ons 
'n beroep op julle doen."
Ons Visie en Missie
copyright 2025 christensentrum alle regte voorbehou
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram