Pinkstersondag 24 Mei 2026
Pinkstersondag saam met Dr F.P. Möller
Dr. Francois Möller is 'n sistematiese teoloog. Hy is vir baie jare verbonde aan die Aucklandpark Teologiese Seminarium waar hy Dogmatiek, Etiek en Hebreeus aanbied. In verhouding met die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) en later Noordwes Universiteit, is hy aangestel as professor en dien as begeleier vir studente wat besig is met doktorale studies. Hy is 'n pinksterteoloog wat oor jare deel was van die Pinkster dialoog met die Rooms Katolieke kerk. Sy pa was vir meer as twintig jaar die president van die enkelafdeling van die AGS van SA.
- Dr. Möller praat met ervaring, diep insig, elegansie en koninklike gesag.
- Die diens begin 09:00
- Kom gerus en verbreed jou verstaan en ervaring van Pinkster.