Deon Pieterse se Getuienis
Deon getuig Sondag, 30 November 2025
Deon Pieterse is in November 2017 getroud met Hildegard Steenkamp wat Desember 2017 deur die Valke vasgetrek is vir R573 miljoen wat sy van die internasionale farmaseutiese maatskappy, Medtronic, gesteel het. Sy dien op die oomblik 'n 50 jaar genagenisstraf uit. Deon se lewe het in duie gestort. Hy het 'n aangrypende getuienis hoe Jesus Christus hom verlos, genees en 'n tweede kans gegee het.

