|
Wie is Ons
ONS GLO
in die ewige, drie-enige God, almagtige Skepper, onderhouer en regeerder
van die ganse skepping.
ONS GLO in God die Vader, die
Outeur van die skepping en verlossing.
ONS GLO
in Jesus Christus die enigste Seun van God die Vader, ware God wie ter
wille
van die mensdom en sy verlossing, van die hemel neergedaal en vlees
geword het; wie
verwek is deur die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria; wie
op die aarde
geleef het en gekruisig is, gesterwe het en begrawe is; wie uit die
dood opgestaan en
opgevaar het na die hemel waar Hy aan die regterkant van die Vader sit.
ONS GLO in die Heilige Gees, wie
van die Vader en die Seun uitgaan, wie die węreld
oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en in die hele waarheid lei.
ONS GLO
dat die Bybel die Woord van God is, geskryf deur mense onder die
inspirasie
van die Heilige Gees. Ons glo dat dit gesaghebbend die wil van God
verkondig en ons
leer wat vir saligheid nodig is.
ONS GLO
dat alle mense na die beeld van God geskape is; as gevolg van hulle
sondige
opstand is hierdie beeld geskend; dat alle mense voor God gesondig het
en dit die wil
van God is dat alle mense saligheid sal ontvang deur geloof in Jesus
Christus.
ONS GLO
in die doping in die Heilige Gees, met die aanvanklike teken van spreke
in
tale soos aan die gelowiges belowe is. Ons glo aan die werking van die
gawes en
die vrug van die Gees in die lewe van 'n Christen. Ons glo dat 'n
Christen 'n dissipel
van Jesus Christus behoort te wees en wat 'n toegewyde en heilige lewe
lei.
ONS GLO
dat Jesus Christus die Hoof van die Kerk is wat deur die Heilige Gees
saamgevoeg is en wat bestaan uit alle wedergebore gelowiges. Die Kerk
is
verantwoordelik vir die verkondiging en demonstrasie van die evangelie
van God
se wil vir alle mense. As charismatiese gemeenskap verkeer hulle
onderling en stig
mekaar.
ONS GLO
dat die doop van die gelowige deur onderdompeling en die Nagmaal
instellings van Jesus Christus is en deur die Kerk onderhou moet word.
ONS GLO
dat op die God-bestemde tyd Jesus Christus Sy Kerk sal kom wegneem.
ONS GLO
in die oordeelsdag wanneer Jesus Christus die lewende en die dode sal
oordeel. Ons glo in die opstandig van die liggaam en 'n ewige lewe vir
die regverdige en
ewige straf vir die goddelose. Ons glo in 'n nuwe hemel en 'n nuwe
aarde waar God in
heerlikheid sal regeer.
|